Home Akkommodasie
Akkommodasie PDF Print E-mail

De Witt’e Gastehuis het ‘n reputasie vir hoë standaard van die kamers.  Elke kamer het sy eie karakter volgens die kleure van gunsteling edelstene.  Al die kamers het ‘n rustige en ontspanne atmosfeer en kyk uit op ‘n pragtige tuin.  Elke kamer het sy eie balkon of privaat tuin.  Laasgenoemde is veral gerieflik vir diegene wat met hulle troeteldiere reis.  Neem asseblief kennis: Daar is een besigheids-/bruidskamer met ensuite-badkamer. Verder is daar drie standaard kamers met óf ‘n dubbelbed óf twee enkelbeddens.  Al die kamers het ensuite-badkamers.  

Al die kamers is toegerus met :

  • Ensuite- of ten minste privaat badkamers
  • Gemaklike beddens
  • Percale-linne
  • Badkamer en slaapkamer gebruiksartikels
  • Televisie met 8 kanale (M Net  / DSTV)
  • Werkstasie
  • Tee en koffie fasiliteite
  • Haardroër
  • Warmkombers
  • Lugreëling of waaier
  • Gebottelde mineraalwater
  • WiFi op versoek
  • Swembadhanddoeke word voorsien
  • Die bruidsuite voldoen aan spesiale behoeftes soos blomme en vonkelwyn om die aand onvergeetlik te maak.

Prysklas: Vanaf R690 vir enkelkamers en R890 per kamer vir twee persone wat deel.
Betaalwyse: Minimum van 50% deposito betaalbaar vir finale bevestiging van bespreking en die balans met aankoms.

 
De Witte Guest House