Welkom by De Witt'e Gastehuis, Bloemfontein Print

Hierdie statige, grasdak gastehuis is geleë in ‘n stil gebied in die noordelike voorstede van Bloemfontein. Dit bied rustige, gehalteverblyf met stylvolle kamers, veilige skadunetparkering agter ‘n elektroniese veiligheidshek, ‘n swembad vir die warm somerdae en ‘n vuurgat vir spesiale geleenthede. Dit beskik ook oor onthaalruimte vir 20 gaste.

By aankoms word u begroet deur ‘n pragtige, groot tuin waar voëls baljaar. Gaste kan ontspan in die ruim, stylvol-gemeubileerde sitkamer met uitsig oor die voortuin. Ontbyt kan in die eetkamer genuttig word, terwyl gaste die uitsig op die swembad en terras geniet.

Gaste kan uitsien na ‘n warm, gasvrye ontvangs en uitmuntende diens deur Jan en Erika, wat met hulle hartlike passie vir mense altyd uitsien na u terugkeer na die De Witt’e Gastehuis.