Akkommodasie

Al die kamers het ‘n rustige en ontspanne atmosfeer en kyk uit op ‘n pragtige tuin.

 

Fotos

Kyk gerus na die foto album van De Witte Gastehuis

 

Kontak Ons

Kontak ons of maak jou bespreking via epos

Home Tuisblad
Welkom by De Witt'e Gastehuis, Bloemfontein PDF Print E-mail

Hierdie statige, grasdak gastehuis is geleë in ‘n stil gebied in die noordelike voorstede van Bloemfontein. Dit bied rustige, gehalteverblyf met stylvolle kamers, veilige skadunetparkering agter ‘n elektroniese veiligheidshek, ‘n swembad vir die warm somerdae en ‘n vuurgat vir spesiale geleenthede. Dit beskik ook oor onthaalruimte vir 20 gaste.

By aankoms word u begroet deur ‘n pragtige, groot tuin waar voëls baljaar. Gaste kan ontspan in die ruim, stylvol-gemeubileerde sitkamer met uitsig oor die voortuin. Ontbyt kan in die eetkamer genuttig word, terwyl gaste die uitsig op die swembad en terras geniet.

Gaste kan uitsien na ‘n warm, gasvrye ontvangs en uitmuntende diens deur Jan en Erika, wat met hulle hartlike passie vir mense altyd uitsien na u terugkeer na die De Witt’e Gastehuis.

 

Algemeen

Aantal Kamers: 4
Gradering: 4 Rose
Aankoms/Vertrektyd:
In : na 16:00 Uit : voor 10:00
Ontbyt :
Weeksdae tussen 07:00 en 08:00, naweke & publieke vakansiedae tussen 08:00 en 09:00.

Omgewing

  • North Ridge Mall (fliek, restaurante, gimnasium, kegelbal)
  • Bays Village (supermark, restaurante, wegneemetes, apteek)
  • Lughawe
  • Oranje Meisieskool
  • Oliewenhuis Kunsmuseum
  • Medi-Kliniek Hospitaal
  • Orgideëhuis
  • Vodacom Park Sportstadion
  • Boyden Sterrewag
  • Soetdoring Natuurreservaat
  • Nasionale Museum

 

Fasiliteite

  • Swembad
  • Klein konferensiefasiliteit (20)
  • Klein onthaalarea (20)
  • Besigheid-/bruidsuite
  • Spyseniering en aandete op versoek
  • Ontbyt
  • Wassery/Droogskoonmaak (uitgekontrakteer)
  • Pendelvervoerdiens (op aanvraag)
  • Kredietkaarte word aanvaar
  • Troeteldiervriendelik
  • Privaat tuin of balkon vir elke kamer
  • Wittebroodsuite beskikbaar (blomme en vonkelwyn)
  • Televisie met 8 kanale (M Net/DSTV)

 


De Witte Guest House